die 19de Julie....
On the 19th of July I celebrated the life of my grandma, it was her Birthday.
She passed away 2 years ago and I dedicate this poem to her.
If anyone would like the english explanation, contact me and I will provide.
Ouma Marthie
sy sit op die pienk teel stoep
klassieke musiek speel, wat emosies roep
kort kort, die ritmiese klik, klik
van haar breinaalde, presies gemik
sy tel saggies, tel die steke op
en dink aan iets mooi, skuins gedraaide kop
dan kyk sy op, sprankelgoue glimlag
tee en koekies! beplan vir die dag
kersfees kom, kersfees kom, sing sy perfek vals
maar september al gekoop, kaartjies en als!
engelwit hare, parfuum altyd soet
warm en sag, haar ouma-drukkie groet
oe vol van liefde en 'n skater van lag
slaaie vol kleure, bruin hondervleis sag
groot sagte kussings, rus op haar dubbelbed
verdwaald lees sy stories, sag doen sy gebed
geniet haar kos stadig, die wyn staan geskink
happie, vurk neersit, en dan bietjie drink
sy is ons ouma, kan alles verpleeg
ons almal haar kinders, dier, ouers, jeug
die swartgekleede kind, sou haar wou groet
met mooi gladde woorde, wil hy haar naam roep
maar sy is geneem, voor hy kon mond
sy is nou by Jesus, saam sy groot swart hond
trane nooit droog, ek sal nooit vergeet
middag melkskommels drink, vul pannekoek eet
sy is altyd by my, diep in my hartjie
die ouma-drukkie-liefde , van my Ouma Marthie

Verder is ek bly dit gaan goed, hoop jy geniet nog elke dag saam met die uitdagings!
Lief vir jou
Susxxxxxxxx (Comment this)
jan van heerden
pretoria (Comment this)
Ouma's is baie spesiaal, Ouma Marthie kom kuier nog steeds in my drome.
Sterke en God seën.
Hein (Comment this)